Zuma sê Putin is ‘n man van vrede

Die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma sê sonder Westerse magte se inmenging, kan die konflik tussen Oekraïne en Rusland vinnig en vreedsaam opgelos word. Zuma sê hy is seker President Vladimir Putin sal terugkap en alles in sy vermoë doen om vrede ‘n realiteit te maak omdat hy hom ken as ‘n man van vrede. Intussen het die DA ‘n versoekskrif van stapel gestuur vir die Suid-Afrikaanse regering om ‘n beslissende standpunt in te neem oor die Russiese inval in Oekraïne. Die party sê sedert die inval 12 dae gelede, het die regering verskeie kere van standpunt verander. ‘n Woordvoerder, Darren Bergman, sê die regering wou eers nie standpunt inneem nie, daarna het die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking die inval veroordeel, waarna President Cyril Ramaphosa minister Naledi Pandor se standpunt gekritiseer het: