Zuma se planne vir oop stemstelsel bedreig demokrasie

Die politieke ontleder, professor Dirk Kotze, sê oudpresident Jacob Zuma se planne om die Grondwet te wysig om ʼn oop stemstelsel toe te laat, bedreig demokrasie. Zuma sê hy gaan die Grondwet en kieswette verander as sy uMkhonto we Sizwe-party die verkiesing op 29 Mei wen. Dit sal ook nie meer ʼn misdaad wees indien ouers lyfstraf toepas nie. Kotze sê Zuma se opmerkings kom neer op konserwatiewe populisme en kan hom stemme kos.