Zuma sê nuwe regering is onheilig
Die leier van die MK-party en voormalige president Jacob Zuma sê die party moet mense opvoed dat daar geen regering van nasionale eenheid is nie – net ‘n onheilige huwelik tussen die DA en die ANC. Zuma het gepraat op die party se deurslaggewende mediakonferensie in Johannesburg oor die huidige politieke toestand en voortgesette ontwikkelings in Suid-Afrika. Hy sê die regering van nasionale eenheid is malligheid: