Zuma se mediese parool-saak in Augustus in Appèlhof

Die Appèlhof sal op 15 Augustus ‘n appèl aanhoor oor oudpresident Jacob Zuma se vrylating uit die tronk op mediese parool. Die Departement van Korrektiewe Dienste het ‘n aansoek ingedien om te appelleer teen ‘n beslissing dat die voormalige nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, se besluit om Zuma op mediese parool vry te laat onwettig was en dat hy moet terugkeer tronk toe. Die voormalige president se vonnis van 15 maande vir minagting van die Konstitusionele Hof eindig in Oktober, twee maande ná die geskeduleerde verhoordatum.