Zuma se korrupsiesaak uitgestel

Oud-Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma se wapentransaksie-korrupsiesaak saam met die Franse wapenvervaardiger Thales in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, is tot 9 April uitgestel. Zuma se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, het voorgestel die privaat vervolging teen staatsadvokaat Billy Downer en die joernalis Karyn Maughan moet uitgestel word, sodat Zuma se appèlpogings afgehandel kan word. Die staatsaanklaer, Andrew Breitenbach, voer egter aan die Appèlhof het dit duidelik gemaak die uitspraak oor afdwinging kan nie in die Konstitusionele Hof appelleer word nie, wat Zuma se uitdaging nietig maak. Mpofu is aan die woord: