Zuma se dogter sosiale media-beïnvloeder vir pro-Russiese oorlog

Die Centre for Information Resilience wys oud-president Jacob Zuma se dogter uit as ‘n super-beïnvloeder in ‘n Russies-gesteunde sosiale media-veldtog om die oorlog teen Oekraïne te ondersteun. Die nie-winsgewende organisasie beweer in sy onlangse verslag Duduzile Zuma-Sambundla was aan die voorpunt van Rusland se poging om die openbare mening in Suid-Afrika te beïnvloed. Die navorsers het gekyk na wat op haar Twitter-rekening verskyn het, insluitende foto’s en media-besprekings oor die twiets. Volgens die vise-president van die sentrum, Nina Jankowics, is die bewyse oortuigend.