Zuma, MK nader hof oor parlement se sitting

Die MK Party sê hy gaan die Konstitusionele Hof nader om die byeenroeping van die eerste sitting van die Nasionale Vergadering te keer. Die party sê die sitting moet uitgestel word totdat sy griewe, wat berus op bewerings van verkiesingsbedrog en knoeiery met stemme, deeglik deur die howe ondersoek is. Die Parlement moet binnekort sy eerste sitting hou waar ‘n president, adjunk-president en die speaker van die Parlement verkies word. Die MK Party sê hy bly by sy standpunt dat ‘n nuwe verkiesing gehou moet word.