(Zuma) kan stem vir wie hy wil

President Cyril Ramaphosa sê elke Suid-Afrikaner het die reg om te stem vir wie hy wil. Dit volg nadat oudpresident Jacob Zuma verklaar het hy gaan nie vir ANC stemme werf of vir dié party stem in volgende jaar se algemene verkiesing nie. Ramaphosa het by die ANC-hoofkwartier in Johannesburg gepraat tydens ʼn nuuskonferensie na die ontmoeting met die afvaardiging van die Suid-Afrikaanse Vriende van Palestina. Die president sê hulle het almal na Zuma se aankondiging geluister: