Zoeloe-koning nie ‘veilig’ nie, wil met Mchunu vergader

Die Zoeloe-koning, Misuzulu KaZwelithini glo sy veiligheid word bedreig en het ‘n skriftelike versoek aan die minister van Polisie, Senzo Mchunu, gerig vir ‘n dringende vergadering. Volgens News24 het KaZwelithini versoek dat ‘n lid van die Presidensiële Beskermingsdiens wat aan hom toegewys is, weens veiligheidsredes uit sy pos onttrek word. Hy sê hy is ongemaklik om die beampte by hom en in sy koninklike huishouding te hê, maar hy het nie redes verskaf nie.