Zizi in boeie oor vermeende omkoopgeld

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die Landdroshof in Palm Ridge in Gauteng. Dit volg nadat hy na bewering 1,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand se omkoopgeld ontvang, en voordeel getrek het uit luukse verblyf, lenings en ander gunste van EOH terwyl die maatskappy getender het vir regeringskontrakte. Kodwa het erken hy het betalings en luukse verblyf ontvang van EOH se hoof, Jehan Mackay, maar ontken dit het te doen gehad met tenders.