Zimbabwe wil van sy ivoor ontslae raak
Zimbabwe is op soek na internasionale steun om toegelaat te word om sy voorraad van ivoor waarop beslag gelê is, te verkoop. Die bykans een miljard Namibiese dollar wat hy verwag om te verdien, word dringend benodig vir die bewaring van sy vinnig groeiende olifantbevolking. Volgens natuurbewaarders vermeerder Zimbabwe se olifante teen ‘n gevaarlike spoed. Die land se geraamde 100 000 olifante is dubbel die dravermoë van sy nasionale parke. Ander Afrika-lande soos Kenia vra egter dat die verbod gehandhaaf word.