Zimbabwe verwag goeie tabak-oes

Zimbabwe se Tabakbedryf-bemarkingsraad sê produksie sal na verwagting in 2023 tot 230 miljoen kilogram styg ná afloop van goeie reën. ‘n Rekord-oes word verwag, ondanks kunsmispryse wat weens die Russiese-Oekraïnse konflik gestyg het. Volgens die raadsvoorsitter, Patrick Devenish, beoog die tabakbedryf om vervaardiging teen 2025 tot 300 miljoen kilogram te verhoog. Tabak is een van die grootste uitvoer-verdieners in Zimbabwe. Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Boerevereniging in Zimbabwe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die prys van kunsmis is ‘n uitdaging.