Zimbabwe vermorsel Nigerië, Tanzanië wen ook

Tanzanië het vanoggend met Rwanda afgereken in die IKR T20 Afrika-streek kwalifiseerders, terwyl Zimbabwe vir Nigerië vermorsel het. Tanzanië het met 51 lopies gewen in die wedstryd wat by Wanderers gespeel is. Salem Jumbe van Tanzanië was die speler van die wedstryd nadat hy 76 lopies nie-uit-nie aangeteken het, en een paaltjie vir 25 lopies geneem het. By United het Zimbabwe op 111 vir vier met 6 paaltjies gewen, met 36 balle oor. Sikandar Raza van Zimbabwe was die speler van die wedstryd. Hy het 65 lopies van 37 balle gemoker en ook twee paaltjies laat kantel vir 13 lopies. Die laaste drie wedstryde vind môre plaas, waar Namibië teen Nigerië te staan sal kom.