Zimbabwe kyk na trofeejag-uitvoermarkte in die Ooste

Zimbabwiese wildowerhede kyk na trofeejag-uitvoermarkte in die Ooste, aangesien sommige Europese lande probeer om trofee-invoere te verbied. Zimparks se direkteur-generaal, Fulton Mangwanya, het met Reuters gepraat op die kantlyn van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied, of KAZA,-beraad in Livingstone, Zambië. Hy sê hulle kan altyd met ’n alternatiewe mark vorendag kom. In Zimbabwe is 50 mense verlede jaar in olifantaanvalle dood, volgens Zimparks. Mangwanya sê hulle moet toegelaat word om meer te jag sodat hulle die diere wat hulle mense doodmaak, verminder.