Zim wag op ses siklone

Ses siklone is op koers na Zimbabwe voor die einde van die huidige reënseisoen, maar die land se regering sê hy het lesse geleer uit die vorige storms. Maatreëls is in plek om inwoners betyds te waarsku en om lewens en eiendom te beskerm. Die tropiese storm Ana het Zimbabwe verlede maand getref, maar die latere sikloon, Batsirai, het oor die Indiese Oseaan in sterkte afgeneem en suidwaarts gedraai, voordat dit Afrika kon bereik. Die land se departement van meteorologie wat die siklone voorspel, kan nie op hierdie stadium sê hoe sterk hulle sal wees nie.