Zim-visums weer in die nuus

Die Zimbabwiese ambassade in Suid-Afrika gaan probeer om te reël dat Zimbabwiese vrystellingspermithouers mag terugkeer. Dit kom terwyl tot 180 000 Zimbabwiërs deporteer kan word omdat hulle nie alternatiewe wetlike toestemming het om in Suid-Afrika te woon nie. Volgens ‘n prokureur wat permithouers verteenwoordig, Simba Chitando, is die Zimbabwiese regering nie verantwoordelik vir die besluit om die permitte te beëindig nie. Hy sê al wat hulle kan doen, is om met voorbereidings te begin om die Zimbabwiese burgers te ontvang wat moontlik wil terugkeer huis toe.