Zim verklaar droogte as ramptoestand

President Emmerson Mnangagwa het Zimbabwe se droogte tot ‘n nasionale ramp verklaar en sê die land het hulp van meer as 2 miljard Amerikaanse dollar nodig om miljoene te voed wat honger in die gesig staar. Mnangagwa se verklaring volg op soortgelyke aankondigings deur Zambië aan die einde van Februarie en Malawi in Maart. Die droogte wat deur El Nino veroorsaak is, het ‘n humanitêre krisis in Suider-Afrika veroorsaak. Meer as 2,7 miljoen mense in Zimbabwe sal vanjaar honger ly, sê Mnangagwa, en dat 80 persent van die land swak reën gekry het. Hy sê die regering sal wintergewasse prioritiseer om reserwes ‘n hupstoot te gee, en sal met die privaatsektor saamwerk om graan in te voer.