Zim verdubbel tolfooie, met een dag se kennis

Zimbabwe het Donderdag ‘n reuse-verhoging in tolfooie op die land se paaie aangekondig en die nuwe fooie tree vandag in werking. Al die fooie het op ‘n minimum verdubbel, en is ook hoër op sogenaamde premium roetes. Minibusse wat tussen 3 Amerikaanse dollar betaal het, betaal nou tussen 6 en 8 Amerikaanse dollar. Kenners meen die landsburgers, wat reeds gebuk gaan onder verbysterende inflasie, sal die duurste hiervoor betaal omdat alles duurder sal word, insluitend brood. Die land het van die swakste paaie op die vasteland en kritici meen die geld sal in elkgeval geplunder word.