Zim verdien US$209m in nege maande met litium

Zimbabwe het in die eerste nege maande van die jaar 209 miljoen Amerikaanse dollar uit litium-uitvoere verdien, byna drie keer verlede jaar se verdienste. Die land se minister van myne, Zhemu Soda, het die aankondiging gemaak. Chinese firmas ontgin en verwerk litium in die buurland wat Afrika se top-litiumprodusent is. Litium sal Zimbabwe se derde grootste mineraaluitvoer word naas goud en platinumgroepmetale, wat verlede jaar 2,46 miljard Amerikaanse dollar en 2,27 miljard Amerikaanse dollar se inkomste aangeteken het.