Zim-spreker sê Swapo moet grondkwessie gewelddadig hanteer
Aanmerkings deur die Zimbabwiese openbare spreker Joshua Mapongo by Swapo se manifesberaad het kommer uitgelok. Hy sê die regerende party moet homself gedra soos ‘n leier en ophou om verskoning vra. Volgens hom moet Swapo die grondkwessie hanteer soos China wat al die grond in die land besit en dit verhuur. Hy het die party aangeraai om gewelddadig met grondkwessies op te tree, en sy handskoene uit te trek. Maar, hy het bygevoeg dat landbouers deur die regering opgelei moet word voor boere weggejaag word anders sit die land met Zimbabwe se uitdagings.