Zim se arrestasie, marteling van aktiviste ‘niks nuut nie’
Zimbabwe berei voor om die voorsitterskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor te neem en om die SAOG-beraad op 17 Augustus in Harare aan te bied. Weens die gerapporteerde arrestasie en marteling van aktiviste en politieke opponente, het oproepe egter opgegaan dat die beraad uit die land geskuif moet word. Die ANC het reeds die idee verwerp en sê dat Zimbabwe se probleme deur die land self opgelos moet word. Setfree Mafukidze, ‘n Zimbabwiese aktivis, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die regime het bewys hy gee nie om vir sy mense nie.