Zim-regter Makarau by hooggeregshof ingesweer

Regter Rita Makarau is vandag deur hoofregter Peter Shivute as waarnemende regter van die hooggeregshof ingesweer, wat haar die derde vroulike regter op die bank van die hoogste hof in die land maak. Volgens Shivute is dit van kardinale belang dat die regbank en howe die demografiese diversiteit van die Namibiese volk weerspieël, en konkrete maatreëls is getref om vroulike verteenwoordiging op die hooggeregshofbank te verbeter. Makarau was ‘n regter in die Zimbabwiese Konstitusionele Hof.  Die hooggeregshof het ook onlangs regters Hannelie Prinsloo en Esi Schimming-Chase verwelkom om as waarnemende regters by die hof te dien.