Zim-polisie verwyder plakkers van hervestigingsgrond

Twintig jaar ná ’n rampspoedige poging tot grondhervorming, wat meer as 400 wit kommersiële boere verdryf het, baklei die Zimbabwiese regering nou met onwettige plakkers op staatsgrond wat deur tradisionele leiers, grondbaronne en korrupte regeringsamptenare uitgedeel word. Sedert 10 Januarie word ‘n regeringsoperasie in die verband uitgevoer. Volgens die polisie is tot dusver 3 775 mense in hegtenis geneem en die meerderheid het die grond gekoop.