Zim-opposisieleier skuldig aan onwettige byeenkoms

’n Hof in Zimbabwe het beslis dat opposisieleier Jameson Timba en 34 mense wat reeds vyf maande in aanhouding is skuldig is aan onwettige byeenskomste. Timba, ‘n tussentydse leier van die Citizens’ Coalition for Change, is op 16 Junie saam met byna 80 ander mense in hegtenis geneem in ‘n saak wat gekritiseer is as deel van ‘n onderdrukking van politieke aktiwiteit. Timba en die ander wat skuldig bevind is wag nou op vonnisoplegging.