Zim-opposisielede terug tronk toe

‘n Hof in Zimbabwe het die opposisieleier Jameson Timba en 65 van sy ondersteuners gister teruggestuur tronk toe om verhoor af te wag op aanklagte oor ‘n onwettige byeenkoms nadat hulle byna drie maande gelede in hegtenis geneem is. Die polisie het op 16 Junie die tussentydse leier van die opposisie Citizens Coalition for Change en byna 80 mense by sy huis in Harare aangekeer en beweer hulle het beplan om openbare geweld te bevorder. Die Landdroshof in Harare het die groep vrygespreek van wanordelike gedrag maar sê hulle moet nog aangekla word van ‘n onwettige byeenkoms toe hulle gearresteer is.