Zim opposisie-lid na amper 2 jaar vrygelaat

’n Zimbabwiese hof het die opposisiepolitikus Job Sikhala vrygelaat ná byna 600 dae van voorverhoor-aanhouding op aanklagte van aanhitsing van openbare geweld in 2022. Die 51-jarige Sikhala, ’n leier in die opposisieparty Citizens Coalition for Change, is dosyne kere gearresteer sedert hy sy politieke loopbaan in 1999 begin het. Hy is in 2022 tronk toe gestuur vir dwarsboming van die gereg en die aanhitsing van openbare geweld nadat hy gesê het dat die regerende party, ZANU PF, ‘n opposisie-aktivis vermoor het, wat die party ontken het. Sikhala het alle aanklagte teen hom ontken.