Zim opposisie-lid dood gevind, blykbaar gemartel
’n Zimbabwiese opposisie-aktivis is dood aangetref nadat hy oor die naweek tydens ’n politieke veldtog net buite Harare ontvoer is. Die opposisie party die Citizens Coalition for Change sê dit is die tweede ontvoering in weke van een van sy lede. Tapfumaneyi Masaya is glo deur onbekende mans in ‘n voertuig gebondel terwyl hy ‘n veldtog gevoer het vir die party. Promise Mkwananzi, die CCC se woordvoerder sê Masaya is gemartel en in die buitewyke van Harare gelos.