Zim-oorlogsveterane vervolg ZiG-teenstanders
’n Maand ná die bekendstelling van die goudgesteunde ZiG-geldeenheid in Zimbabwe, het die regering Gestapo-agtige toesigmeganismes daargestel om diegene te vang wat die nuwe eenheid verwerp. Professor Mthuli Ncube, minister van finansies, het die land se bevrydingsveterane in Bulawayo toegespreek en hulle aangemoedig om oorlog te verklaar teen diegene wat teen die geldeenheid is. In onlangse jare het oorlogsveterane ‘n militante rol gespeel om die regime te ondersteun en sy beleid af te dwing. Verskeie operasies is in die verband van stapel gestuur. Tot op hede is 224 beweerde onwettige valutahandelaars in hegtenis geneem en 90 bankrekeninge is gevries.