Zim-kaptein voorspel oorwinning vir Bokke

Daar is groot afwagting vir die kragmeting tussen die Springbokke en die All Blacks om vyf-uur vanmiddag by die DHL-stadion in Kaapstad. Die Rugby Kampioenskapstitel, asook die Vryheidsbeker is op die spel. Die Bokke het verlede week se wedstryd met 31-27 gewen. Die kaptein van Zimbabwe se rugbyspan, Hilton Mudariki, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat… hy sê die Bokke vat hom weer.