Zim gooi 70 DRK-vlugtelinge uit

Die Zimbabwiese regering het sowat 70 vlugtelinge terug na die Demokratiese Republiek van die Kongo gedeporteer in weerwil van internasionale humanitêre reg, volgens die Amerikaanse ambassade in Harare. Amptenare het 80 vlugtelinge wat na bewering voedselrantsoene uit die Tongorara-vlugtelingkamp se pakhuis gebuit het, in hegtenis geneem. Tien is onskuldig bevind en die res is gedeporteer. Die Tongogara-vlugtelingskamp, ​​naby Chipinge in die suidooste van die  land, wat in 1984 gestig is, het ‘n kapasiteit van 15 000 vlugtelinge.