Zim-finansminister ‘beste in Afrika’

Die Zimbabwiese finansminister, Mthuli Ncube, is deur Reputation Poll International met die titel van Beste Afrika Minister van Finansies van die jaar bekroon. Dit kom ondanks die land se voortdurende ekonomiese uitdagings, met ekonome wat die werkloosheidsyfer op 85 persent skat. Ncube het dankbaarheid oor die toekenning uitgespreek en sê dit is ‘n erkenning van sy ministerie en die Tesourie-span se pogings om die transformasie van die ekonomie voorop te stel. Die Zimbabwiese aktivis, Hopewell Chin’ono, het die toekenning egter gekritiseer en beskou dit as ‘n belediging vir die mense van Zimbabwe.