Zim-burger vas in Sabie vir plofstof

‘n Zimbabwiese burger wat in Suid-Afrika hegtenis geneem is vir die onwettige besit van plofstof, sal vandag in Sabie se Landdroshof in Mpumalanga verskyn. Die 31-jarige man is Donderdag vasgetrek. ‘n Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê die polisie sal die saak verder ondersoek om te bepaal of die man deel is van ‘n sindikaat wat kitsbanke in die provinsie opblaas: