Zim bestee N$3,8 miljard vir mooimaak vir SAOG-beraad

Met nuwe paaie, villa’s vir afgevaardigdes, luukse busse, nuwe bome, en bowenal ‘n oproep vir ‘n demonstrasievrye week, haal Zimbabwe alles uit om die 44ste gewone SAOG-beraad van staats- en regeringshoofde in middel Augustus aan te bied. Die koste van die mooimaak-operasie beloop ongeveer 3,8 miljard Namibiese dollar. President Emmerson Mnangagwa sal die leierskap van die streekblok by Zambië se Hakainde Hichilema oorneem.