Zikalala woon nie sy portefeulje-vergaderings by nie
Die DA het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, se versuim om by portefeulje-komiteevergaderings op te daag bevraagteken. ‘n DA Parlementslid, Madeleine Hicklin, sê die minister het sedert sy aanstelling in Maart nog nie voor die komitee verskyn nie. Hicklin sê daar is ‘n leierskapstekortoming wat die administrasie se pogings om die uitvoerende gesag tot verantwoording te roep in die wiele ry. Sy sê Zikalala moet sy grondwetlike plig nakom en alle vergaderings bywoon: