Zelensky werk aan plan om oorlog te beëindig

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het bekend gemaak hy werk aan ‘n omvattende plan om ‘n einde aan die oorlog met Rusland te maak. Hy het op ‘n nuuskonferensie in Kiëf beloof die plan is gebaseer op die diplomatieke roete want dit moet deur die meerderheid van die wêreld se nasies gesteun word. Waarnemers sê daar is op die oomlik geen onderhandelings tussen Oekraïne en Rusland nie en dit lyk asof die twee verder van mekaar is as ooit te vore oor die voorwaardes van ‘n moontlike vredesooreenkoms.