Zelensky vereer met Charlemagne-prys
President Volodymyr Zelensky het die internasionale Charlemagne-prys namens die mense van Oekraïne ontvang vir hulle bydrae om Europa te verenig. Hy het die gesogte prys die naweek tydens sy besoek aan Duitsland in ontvangs geneem. Die prys se raad van direkteure het Zelensky geloof as sy mense se ondersteuner en rolmodel in die oorlog teen Rusland. Die president van die Europese Unie, Ursula von der Leyen, sê Oekraïne beliggaam alles waarvoor die Europese idee staan, die moed van oortuigings en die stryd vir waardes en vryheid.