Zelensky sluit vandag aan by G7 in Japan
Die G7-beraad duur vandag op sy tweede dag voort in Hiroshima, Japan. Die Groep van Sewe nasies het streng nuwe sanksies teen Rusland onthul en Amerikaanse President Joe Biden het sy goedkeuring gegee vir ander Westerse bondgenote om F16-vegvliegtuie aan die Oekraïne te verskaf. President Volodymyr Zelensky, wat Vrydag in Saoedi-Arabië was, sal na verwagting vandag by die G7-beraad aansluit. Zelensky vry die afgelope twee weke na bondgenote om sy land te ondersteun in die oorlog met Rusland. Hy was vroeër ook in Europa. Leiers van die G7, wat bestaan uit die Verenigde State, Japan, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Kanada en Italië, sal môre hul beraad afsluit.