Zelensky sê sy magte woeker in Koersk, Russe vertel ander storie
Oekraïne sê sy grootste oorgrensaanval van die oorlog tot dusver het beheer oorgeneem van 74 nedersettings in Rusland se Koersk-streek en vorder steeds. President Volodymyr Zelensky sê die operasie het ‘n aantal Russiese krygsgevangenes bymekaargemaak wat vir gevange Oekraïnse vegters uitgeruil kan word, in wat hy beskryf as ‘n groeiende “uitruilfonds”. Die Russiese generaal-majoor Apti Alaudinov sê egter die Oekraïne se troepe is gestop en aanvalle by dorpe sowat 28km van die grens af is afgeweer.