Zelensky maak sy oorwinningsplan bekend

Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het Europese leiers aangemoedig om ‘n onmiddellike uitnodiging aan die Oekraïne te rig om by Navo aan te sluit, terwyl hy sy “oorwinningsplan” bekendgestel het. Volgens hom sal die plan die oorlog op die laatste in 2025 beëindig. Hy het die 27 EU-leiers by ‘n Brussel-beraad toegespreek en sy vyfpuntplan uiteengesit. Dit spoor bondgenote aan om beperkings op die gebruik van langafstandwapens op militêre teikens binne besette gebiede en Rusland op te hef, asook om lugverdediging te help vermeerder. Hy sê ook dat sy intelligensiedienste glo dat 10 000 Noord-Koreaanse soldate besig is om voor te berei om by Rusland aan te sluit.