Zelensky kuier vandag by Biden
Die Amerikaanse president, Joe Biden, sal vandag sy Oekraïnse eweknie, Volodymyr Zelensky, by die Withuis ontmoet. Dit volg na die blokkering verlede week deur Republikeinse senatore, van sowat 2 triljoen Namibiese dollar se noodhulp wat hoofsaaklik vir Oekraïne en Israel bestem was. Konserwatiewes was nie tevrede met die uitsluiting van die immigrasie hervormingsvoorwaarde wat hulle as deel van die pakket gestel het nie. Die Withuis sê die vergadering is bedoel om Amerika se onwrikbare verbintenis te benadruk om die mense van Oekraïne te ondersteun, terwyl hulle hulself teen Rusland se wrede inval verdedig. Dit sal Zelensky se tweede besoek aan die Withuis wees.