Zelensky het ‘n plan vir oorwinning, kuier in VSA

Die president van Oekraïne, Volodomyr Zelensky, gaan ʼn “plan vir oorwinning” in die land se oorlog met Rusland voorlê aan president Joe Biden, die Kongres en die twee presidentskandidate, Kamala Harris en Donald Trump. Hy wil na verwagting pogings verskerp om Amerika en sy bondgenote sover te kry om Oekraïne toe te laat om die eerste keer tydens die oorlog missiele na Russiese grondgebied af te vuur. Zelensky se Amerikaanse besoek vandeesweek val saam met pogings deur die Withuis om ʼn militêre hulppakket van 6,5 miljard Namibiese dollar vir Oekraïne voor te berei.