Zelensky gee toe Bakhmut is verlore
Oekraïense President Volodymyr Zelensky het volgens wat berig word die verlies van die stad Bakhmut aan Rusland bevestig toe hy vanoggend in Hiroshima, Japan, by die G7-beraad gevra is of dit nog in Kiëf se beheer is. Hy het nee gesê en bygevoeg dat vir vandag is Bakhmut net in sy hart. Rusland het aangekondig dat hy die oostelike Oekraïense stad ten volle verower het. Zelensky sê dit is ‘n tragedie en dat daar niks van die stad, wat geen strategiese waarde het nie, oor is nie.