Zelensky eis noodvergadering by VN
Oekraïne het dringend ‘n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad aangevra om die moontlike bedreiging van die Russiese President Vladimir Putin se aankondiging Saterdag te bespreek. Hy het gesê Moskou gaan taktiese kernwapens in Belarus opstel. Oekraïne sê die stap skend kern-sperooreenkomste, maar Putin ontken dit en vergelyk dit met Amerika wat kernwapens in Europa oprig. Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky beskuldig Rusland dat hy van Belarus ‘n kern-gyselaar maak.