Zelensky dankbaar vir EU se hulppakket

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het die hulppakket van 929 miljard Namibiese dollar verwelkom waarop al 27 leiers van die Europese Unie ooreengekom het. Die fondse is sedert Desember geblok nadat Hongarye se eerste minister, Viktor Orban, die ooreenkoms by ʼn vorige beraad verwerp het. Die pakket wat oor vier jaar uitbetaal word, is om Oekraïne se ekonomie te midde van die oorlog teen Rusland aan die gang te hou, met kontant vir hospitale, skole en staatsamptenare se salarisse en pensioen. Zelensky sê die befondsing sal die land se langtermyn- ekonomiese en finansiële stabiliteit versterk.