Zapotec-muurskilderye in grafkelders van Mexiko ontdek

Helderkleurige Zapotec-muurskilderye wat oorlog uitbeeld en onlangs in grafkelders in die suide van Mexiko ontdek is, dateer dalk sowat 2 000 jaar terug. Die land se Nasionale Instituut vir Antropologie sê die grafkelders werp nuwe lig op die antieke beskawing se begrafnisrituele. Twee van die vyf grafkelders in die staat Oaxaca is heeltemal ongeskonde, terwyl die ander geplunder is. Die Zapotecs was tydgenote van die antieke Maja-beskawing. Die twee kulture is bekend vir hulle omvattende skryfwerk, wat onder die wêreld se eerste literêre tradisies tel.