Zaporizhzhia aangeval, hoofreaktor afgeskort

Die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergie-agentskap waarsku die jongste hommeltuigaanval op die Zaporizhzhia-kernkragaanleg in Oekraïne verhoog die gevaar van ‘n groot kernkragkrisis beduidend. Die voorval het drie regstreekse aanvalle ingesluit op die aanleg se afskorting van sy hoofreaktor. Russiese amptenare by die grootste kernaanleg in Europa meen Oekraïnse hommeltuie het dit aangeval, maar Kiëf ontken dit. Die hoof van die agentskap, Rafael Grossi, sê die aanval is ‘n besliste skending van veiligheidsbeginsels.