Zanu-PF stoomroller veldtogte vir verkiesingskandidate

Die regerende Zanu-PF-party in Zimbabwe hou ‘n winterskool vir sy verkiesingskandidate, terwyl die Citizens Coalition for Change nog in die proses is om kandidate te kies voor die algemene verkiesing op 23 Augustus. Zanu-PF se 210 parlementêre kandidate is byeen vir ‘n week lange werksessie oor nasionale ideologie en mobilisering. Die leierskap het blykbaar in ag geneem dat daar nuwe gesigte is wat die party verteenwoordig en dat hulle leiding nodig het. Die party het ook fondse losgemaak wat aan die land se tien provinsies toegeken is om kandidate tydens die veldtog te help. Hulle het ook elk 4×4-voertuie gekry wat wissel van Toyota Hilux GD6’s tot Ford Rangers en Nissan Navaras. Die party betaal ook die 19 000 Namibiese dollar se registrasie fooi vir elk van sy 210 kandidate, wat amper 4 miljoen Namibiese dollar beloop.