Zandvoort gaan in 2026 sy laaste F1 Grand Prix aanbied
Motorsport: Ondersteuners van die viermalige Formule Een-wêreldkampioen, Max Verstappen, gaan bitter teleurgesteld wees omdat die Nederlandse Grand Prix na 2026 nie meer gaan plaasvind nie. Die plaaslike held het meelewende skares na Zandvoort gelok sedert die wedren in 2021 na ʼn afwesigheid van 36-jaar teruggekeer het. F1 se uitvoerende hoof, Stefano Domenicali, sê daar is reeds ‘n rekord van 24 wedrenne op die kalender en hulle wil sekere Europese geleenthede wissel sodat ander renbane ook kans kry. Die sport wil ook graag in die toekoms ʼn wedren in Afrika aanbied.