Zamibiese regering soek meer tantieme van mynwese

Zambië wil groter belange in nuwe mynbouprojekte beding om sy inkomste te verhoog en besteding deur beleggers aan maatskaplike projekte te bevorder. Die land se minister van myne Paul Kabuswe, sê die pogings sal nie bestaande myne teiken nie en behoort nie beleggers te ontsenu nie. Zambië is Afrika se tweede grootste koperprodusent ná die naburige Demokratiese Republiek van die Kongo.