Zambiese verbod op houtskool handel oor metode, en beheer – Degé

Die Zambiese regering het ‘n verbod op houtskoolproduksie in spesifieke distrikte ingestel as ‘n maatreël teen klimaatsverandering en om ontbossing te verminder. Die vinnige uitputting van Zambiese woude, hoofsaaklik aangedryf deur uitgebreide boomkap vir houtskoolproduksie, het groot kommer laat ontstaan. Baie Zambiërs maak staat op hierdie woude vir hul lewensbestaan. Met die klem op die rol van bome in koolstofabsorpsie, het die Zambiese regering beklemtoon dat ontbossing klimaatsverandering vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael Degé, bestuurder van die Namibia Charcoal Association, gesels oor hoe dit vergelyk met plaaslike houtskoolproduksie.